09-01-2012, 10:21 AM
Duiwenhoks - Mosselbaai
Hierdie is 'n lieflike dam om te hengel vir bass. Beste toegang is by die seiljag klub, ek is nie seker wat die toegangangs gelde daar is nie want dit wissel volgens seisoene. Die dam is perfek vir float tubes en kayak hengelaars.
Keeromdam - Worcester
Moenie jou self verneuk nie, die dam is gelee in Nuy disstrik so 20 km vanaf Worcester maar kan nie vanaf daar bereik word nie. Roete is op die N1 in rigting van Touwsrivier tot jy die Montaque Koo afdraai kry. Dan nog 'n stewige entjie tot afdraai na dam. Hierdie grondpad na dam is baie sleg en ek persoonlik sal dit nie weer ry nie. Daar is nie oorslaap geriewe nie en is gelee op privaat grond so jy sal toestemming moet kry. Daar is bass maar vangste is maar min. Hierdie dam was hoofsaaklik gebruik vir teel van forrel wat later gestop is. Volgens my nie die moeite werd om daar te gaan hengel nie.
Pietersfontein dam - Montagu
Ry deur Montaque na Koo. So ongeveer 20 km Buite Montaque op hierdie pad is 'n bord wat geen mens kan miskyk nie wat wys Pietersfontein. Hierdie dam het bass. Dam is ook gelee op privaat grond en toestemming moet gekry word.Die water is troebel en is maar net nie die plek vir my nie. Vangste is maar aan die klein kant. Geen oorslaap geriewe nie.
Klipberg dam- Mc Gregor
Nie baie groter as 'n groot plaasdam nie.
Hordes bass en eintlik 'n lekker dam om te hengel. Ongelukkig nie met bote nie en float tube is al waarmee jy daar kan hengel of vanaf die bank. Geen oorslaap geriewe nie. dit is 'n munisipale dam wat hoofsaaklik vir leiwater gebruik word.
Stettynskloof dam- Rawsonville
Manne hier swem monster smallies. Die dam is so skoon soos swembad water. Jy kan vanaf 'n boot hier hengel maar ongelukkig moet mens uiters goeie kontakte he om toegang hier te kry so ek gaan nie veel uitbrei oor hierdie dam nie. As jy dit kan reg kry om toegang te kry wag 'n hemelse dag op jou as jy lief is vir smallie hengel. Ek het die vooreg gehad om hierdie dam twee keer te hengel maar sedert toesig houding verander het kon ek nie weer toegang kry nie. Nie eers clan kan hier saam gesels as dit by smallies kom nie.Ek wil amper se dit is onmoontlik om toegang te kry tensy dinge onlangs verander het waarvan ek nie weet nie.
Tot volgende keer.